Naskool
- Harties Vlinders se naskool is ‘n naskool sentrum vir graad R – graad 3.
- Ons moedig u aan om so gou moontlik in te skryf aangesien daar net 15 leerlinge per klassie ingeneem word, om maksimum aandag te kan gee
- Voltooi assbelief die aansoekvorm en u registrasie-fooi om u plekkie te veseker
- Ons bied ‘n veilige en prettige omgewing vir die leerders om in te bly en speel wanneer hulle nie in die skool is nie.
- Die reg van toegang tot die perseel word te alle tye voorbehou.
- Alle persone en leerders wat die naskool perseel betree, hetsy gemagtig of nie, doen dit op eie risiko.
- Die skooljaar bestaan uit vier kwartale in ooreenstemming met die beleid van die Departement van Onderwys.
- Die naskool behou die reg om toelating tot die naskool te weier sonder verskaffing van redes vir sodanige besluit.
13.00-13.30pm – Arriveer, verklee en vryspel buite
13.30-14.00pm – Middagete
14.00 -15.00pm – Huiswerk
15.00-15.30pm – Vryspel buite
15.30-15.45pm – Verversings
15.45-17.40 – Vryspel tot huistoe gaan tyd
- Die naskool word gedurende weeksdae as volg bedryf:
Vanaf 13.00 – 17.45 tydens skool kwartale
- Die naskool is op alle openbare vakansiedae gesluit. Die skool sluit saam met die skole in Desember en open weer saam met die skole in Januarie.
Soos gedurende skoolkwartale moet leerders ‘n eie kospakkie vir die oggend voorsien, ligte middagete sal voorsien word aan kinders wat tot 14.30 of later by naskool is.
Die vakansie klub word elke skool vakansie aangebied, behalwe in Desember vakansie. Ons permanente leerders sal voorkeur kry by die vakansie klub maar laat toe dat ander leerders ook kan kom kuier teen ‘n ekstra fooi.
- Inskrywingsfooi by registrasie is R450 wat musieklesse en gratis vlinder t-hemp insluit. Die fooi is nie terug betaalbaar nie.
- Voordat die leerder die naskool bywoon moet die volgende deur Harties Vlinders naskool ontvang word.
- Afskrif van ID of paspoort van die persoon verantwoordelik vir die betaling van die leerder se fooie
- “n Afskrif van die leerder se geboortesertifkaat
Die ouers moet bogenoemde by Harties Vlinders naskool inhandig.
- Die naskool fooie word gegee met besoek aan naskool
- Maandelikse fooie is vooruitbetaalbaar voor of op die laaste dag van die maand of op die eerste dan van die volgende maand
- Leerders is welkom om vakansieskool by te woon. Pryse beskikbaar met besigtiging van skool.
- Die naskool hef ‘n volle maand se fooi, al is die leerder as gevolg van siekte afwesig, of as die leerder met vakansie gaan.
- ‘n volle maand se fooi word vir Desember gehef, al sluit die naskool Woensdag 11 Desember 2024 vir die vakansie.
- Aansoekvorms sal middel September elke jaar uitgegee word.
- U moet elke jaar weer heraansoek doen om toelating vir Harties Vlinders se naskool te kry, leerders wat die vorige jaar daar was kry voorkeur asook hul boeties of sussies
- Een kalendermaand skriftelike kennis moet gegee word alvorens die leerder die skool wil verlaat.
Neem asseblief kennis dat R100 by u rekening gevoeg sal word, wanneer ‘n debiet-aftrekking geweier word.
Maandelikse fooie sluit alle siek dae, openbare vakansiedae en vakansies in.
Terugbetalings of krediet sal nie vir dae, weke of maande van leerder se afwesigheid by die naskool gedoen word nie.
Fooie is vooruit betaalbaar vir twaalf maande van die jaar.
Fooie is vooruit betaalbaar voor of op die eerste werksdag van die maand.
Leerders moet deur ‘n volwassene in – en uitgeteken word wanneer leerders by die naskool op en afgelaai word. Minderjarige broers of susters kan nie leerders in en uitteken nie. Die naskool is verantwoordelik vir die leerder se veiligheid van wanneer hy/sy ingeteken is tot hy/sy uitgeteken word.
Harties Vlinders kan nie vir die leerder verantwoordelik gehou word nie, as die verantwoordelikheid nie skriftelik en per foto aan die naskool oorgedra is nie.
Die persone wat die leerder kom op en aflaai moet skriftelik deur aan Harties Vlinders naskool gegee word.
Dit is die ouers se verantwoordelikheid om die leerder nie later as 17.45 te kom afhaal. As u nie die leerder self kan afhaal nie moet u ander reelings self tref.
‘n Boete van R150 per uur of gedeelte daarvan sal van toepassing wees, indien u nie vooraf reelings getref het nie.
Stel asseblief Harties vlinders se naskool in kennis indien ‘n persoon wat nie op u oplaailys is nie die leerder kom afhaal. Skriftelike of telefoniese(met foto) toestemming moet deur ons ontvang word, voordat ons die leerder aan die persoon sal oorhandig.
- Die naskool is so ver moontlik vir die leerders veilig gemaak. Ongelukke gebeur. Enige skade aan die gebou of persoonlike besittings van ander wat deur u leerder ASPRIS veroorsaak word, moet deur u herstel of vervan word.2
- Harties Vlinders se naskool sal toerusting en speelgoed wat deur normale slytasie of stukkend raak word vervang.
- Alhoewel die naskool personeel die veiligheid van die leerder voorop stel, aanvaar, die eienaar en alle personeel –tydelik en vrywillige werknemers geen aanspreeklikheid of verantwoordelikheid vir enige skade of beserings van enige aard wat deur die leerders en ander persone verkry word. U as ouer doen hiermee afstand van enige eis teen Harties Vlinders naskool en sy personeel.
- Harties Vlinders se naskool kan die verantwoordelikheid aanvaar van leerders wat buite die skool aan buitemuurse en buitekurrikulere aktiwiteite deeelneem. U as ouer aanvaaar die volle verantwoordelikheid en vrywaar Harties Vlinders se naskool van aanspreeklikheid wat mag ontstaan weens skade aan of verlies van die leerder se eiendom, liggamlike beserings, siekte of dood van die leerder wat deelneem aan buitemuurse – en buitekurrikulere aktiwiteite buite die naskool gronde.
- Stel asseblief Harties Vlinders se naskool in kennis indien u leerder nie die naskool weens siekt/vakansie sal bywoon nie.
- Ouers moet asseblief ‘n leerder wat siek is (bv. Koors, infeksie, diaree of enige siekte wat ander leerders kan aansteek) by die huis hou.
- Indien u leerder by Harties Vlinders se naskool siek word, sal ons u vra om die leerder onmiddelik te kom haal.
- Indien u leerder aan allergie lei of enige medikasie daagliks gebruik moet u Harties Vlinders se naskool skriftelik daarvan in kennis stel.
- Die naskool personeel wil weet wat die aard van die allergie of siekte toestand is, om die leerder korrek te kan behandel.
- Leerders mag onder geen omstandighede hulle eie medikasie by hulle hou nie
- Die ouer/voog gee toestemming dat die leerder ingeval van nood deur ‘n ander motor vervoer mag word.
Pryse sal verskaf word gedurende kuier afspraak vir besigtiging van skool
Ouers moet skriftelik 1 kalendermaand kennis gee (waarvan November nie as ‘n kalendermaand beskou word nie) as ‘n leerder die naskool verlaat. Indien nie, sal u vir die maand moet betaal.
Indien daar ‘n uitstaande bedrag op u rekening is sal u aan’n prokureur oorhandig word. U sal verantwoordelik wees vir die koste van die prokureur en die rente wat gehef word op die uitstaande bedrag.
Skriftelike kennis sal net deur ‘n brief of e-pos aanvaar word, ‘n sms, what’s app of enige ander vorm word nie aanvaar nie.