HARTIES VLINDERS KLEUTER AKADEMIE

Waar klein vlerkies groot drome ontdek.

Harties Vlinders Kleuter Akademie in Hartbeespoort is ’n liefdevolle plek waar elke kind veilig kan speel, leer en groei.

Bespreek ’n besoek Sien die klasse
♥

Oop sedert
Januarie 2016

✿

Klein klassies
Hoogstens 15 kinders per klas

★

Sekuriteit
Beheerde hek, in-en-uit-register en
ADT-paniekknoppie

◷

Oop van
06:45 tot 17:30

Ons klassies

Elke klas is uniek, met liefdevolle juffrouens en ’n beplande program.

Eendjies

9–15 maande

Poutjies

16–24 maande

Kuikens

2–3 jaar

Duifies

3–4 jaar

Uiltjies

4–5 jaar

’n Skool met ’n groot hart

Harties Vlinders Kleuter Akademie het sy deure geopen in Januarie 2016 en ons is baie trots op ‘n puik skool, met hoë standaarde.

Daar heers ‘n huislike en persoonlike atmosfeer onder die personeel, kleuters en ouers. Dit is vir ons van uiterste belang om elke kleuter tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel, op liggaamlike en emosionele vlak. Ons werk nie net by Harties Vlinders Kleuter Akademie nie, maar het ook hope pret. Gekwalifiseerde personeel bied die klasse op ‘n interessante en informele wyse aan. Ons volg ook ‘n streng roetine in die klas om te verseker dat alle leer areas gedek word.

Die speelterrein is kleuterveilig en kleutervriendelik. Dit beskik oor genoegsame klim apparaat om te help met gesonde spier ontwikkeling, ‘n gesonde gees en liggaam, en om energieke kleuters die geleentheid te bied om hulle energie op ‘n gesonde wyse te benut.

Harties Vlinders Kleuter Akademie streef daarna om ouers te help met die versorging en leiding van hul kleuters, deur die vroeë stadiums van hul lewensreis. Met liefde, sorg en passie vir kinders, bied ons ‘n veilige omgewing, waar U kind met oorgawe hul selfvertroue kan ontwikkel tot sy/haar volle potensiaal, deur deelname aan opvoedkundige speletjies, sport aktiwiteite en spesiale stimulerende programme.

Wat ons besonders maak

✝

Christenwaardes

Liefde en respek

♡

Individuele aandag

Elke kind is uniek

❀

Sensoriese spel

Leer deur ontdekking

★

Skoolgereedheid

Selfvertroue en vaardighede

☼

Groei

Emosioneel en sosiaal