ONS KLEUTERAKADEMIE
Kleuterskool vir
9 maande tot 5 jaar
Ses klassies, ’n beplande jaarprogram en juffrouens wat jou kind ken, ondersteun en help om te groei – elke tree van die pad.
ONS KLEUTERAKADEMIE
Ses klassies, ’n beplande jaarprogram en juffrouens wat jou kind ken, ondersteun en help om te groei – elke tree van die pad.
9–15 maande
Hierdie is ons kleinste maatjies vir wie ons ‘n veilige, liefdevolle en stimulerende omgewing wil skep.
Elkeen van ons babas is uniek en ontwikkel teen sy of haar tempo.
Ons fokus op:
Ons doel is:
16–24 maande
Hier ontdek ons peuters elke dag iets nuuts. Ons help hulle om vertroue te ontwikkel, meer selfstandig te raak en saam met maatjies te speel.
Ons fokus op:
Ons doel in hierdie klassie is om sterk, selfstandige sosiale maatjies met hul fisiese en kognitiewe gereedheid te ontwikkel en op te bou.
Hier word ruimte geskep om te groei en te ontdek in ‘n liefdevolle veilige omgewing.
2–3 jaar
Hierdie is ‘n belangrike ontwikkelingsfase waar ons maatjies begin leer om self dinge te doen, hulle behoeftes te kommunikeer en al hoe meer verantwoordelikheid gegee word.
Ons fokus op:
Met baie liefde, aanmoediging en positiewe versterking help ons elke klein kindertjie om met trots te sê: “Ek kan dit self doen!”
3–4 jaar
Ons 3–4 jaar klassie het ‘n gestruktureerde, liefdevolle juffrou wat elke maatjie teen hul eie tempo help om te groei en ontwikkel.
Ons fokus op:
Ons fokus op:
Met liefdevolle leiding, individuele aandag moedig ons selfvertroue en respek, omgee aan en hul kan gemaklik hul idees opbou om te begin vlieg.
4–5 jaar
Die laaste kosbare jaar van kleuterskool – waar ons klein vlindertjies hul vlerkies regmaak vir die groot avontuur van Graad R!
Hierdie is ‘n besondere jaar waarin ons kinders met liefde, geduld en doelgerigte leiding voorberei word vir die volgende belangrike stap in hul skoolloopbaan.
Ons fokus op:
Ons fokus op:
Kinders leer speel-speel, binne ’n roetine wat seker maak dat alle leerareas elke week aandag kry.
40 weke, met ’n nuwe tema ongeveer elke twee weke.
Ons volg NELDS, die vroeë-kinderontwikkelingsweergawe van CAPS.
Die juffrou hou elke dag dop hoe jou kind vorder en watter ondersteuning nodig is.
’n Aanpassingsverslag in Maart en rapporte in Junie en Desember.
Ons fokus op die hele kind – akademies, sosiaal, emosioneel, fisies en kreatief.
’n Voorspelbare roetine help kinders om veilig en geborge te voel. Die tye hieronder, buiten opening en sluiting, moet nog deur die skool bevestig word.
Alles word op die perseel aangebied. Opvoedkundige uitstappies volg die temas, en die inligting en kostes word vroeg in die jaar by die oueraand gedeel.
Grootmotoriese ontwikkeling vorm ook deel van die weekprogram, met ’n spesiale fokus op Vrydae.
Jou kind se veiligheid kom eerste.
So werk dit elke dag.
Die hek word met aflaai- en oplaai tyd beman.
Die res van die dag is die hek gesluit, en besoeke is slegs per afspraak.
Alle kinders, ouers, besoekers en afrigters teken in en uit via ons register.
Ons is aan ADT gekoppel, wat op die paniekknoppie reageer.